Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 40 VAN 365

Wie is die baas?

Jou baas is nie regtig jou baas nie, Jesus is jou baas.

Daar is twee konsepte wat ek wil hê jy in vandag se Bybelverse moet raaksien.

Eerstens: die Bybel sê: "Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie" (Kolossense 3:23). Dit is baie makliker om entoesiasties oor jou werk te wees wanneer jy ophou fokus op "ek doen dit vir my baas" of "ek werk net vir die salaris" en eerder fokus op "ek doen dit vir die Here." Met dit in gedagte kan jy enigiets doen — verf afkrap, skottelgoed was, motors herstel — en dit as 'n aanbiddingsdaad doen.

Tweedens: wanneer jy jou werk in aanbidding verander, maak jy vir jou skatte in die hemel bymekaar. Kolossense 3:24 lees: "... omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan" (Kolossense 3:24). Terwyl jy vir God werk, maak jy skatte in die hemel bymekaar.

"Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God" (1 Korintiërs 10:31). Dit maak nie saak of jy papiere organiseer of rekeninge teken nie, enige werk kan verander word in aanbidding as jy dit vol entoesiasme vir die Here doen.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com