Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Vrygewigheid hou jou gesond
Baie mense dink die Bybel is vol bevele van "jy mag nie" Hulle neem aan die Bybel is vol beperkinge en wil veroorsaak dat jy 'n vervelige lewe lei.
God wil vir jou 'n gelukkige, gesonde lewe gee. Om vrygewig te wees, is goed vir my gesondheid. Elke keer wat ek vrygewig is en gee, verbeter my gesondheid. Daar is meer Bybelverse oor om te gee as enigiets anders, omdat God wil hê ons moet meer soos Hy wees. God is vrygewig.
Alles wat jy het is 'n geskenk van God — Hy is vrygewig en wil hê jy moet ook vrygewig wees. Die Bybel sê: "Wie 'n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is" (Spreuke 11:25). Bring hierdie Bybelvers 'n glimlag op jou gesig? Daar is 'n rede hoekom jy goed voel wanneer jy ander help, of dit finansieel, materialisties of jou tyd is wat jy gee.
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More