Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Jy gaan nie jou werk saamneem hemel toe nie
Jy gaan nie jou werk saamneem hemel toe nie. Jy gaan nie iets soos 'n goue horlosie of ander prestasie-toekenning saamneem hemel toe nie. Jy neem JOUSELF, dus wil jy jou karakter bou, want God is meer geïnteresseerd in wat jy word as wat jy doen.
Kyk weer na vandag se Bybelvers, want sommige mense verkeer onder 'n wanindruk in verband met versoeking. Hulle dink wanneer jy 'n Christen word, sal jy nie weer versoek word nie.
Dit is belangrik dat jy besef jy kan nie versoeking ontgroei nie. Trouens, hoe nader jy aan God is, hoe meer word jy 'n vyand van die Satan, en hoe meer sal hy probeer om jou te versoek. Die goeie nuus is dat God jou meer krag gee om hom te weerstaan.
Wanneer jy by die werk versoek word — om onvriendelik te wees, om kwaad te word, om trots of gulsig te wees — onthou dat elke versoeking nie net 'n geleentheid is om goed te doen nie, maar dat dit ook 'n geleentheid vir jou karakter is om te groei.
Wanneer jy byvoorbeeld met 'n irriterende kollega te doen kry, kan jy dalk versoek word om ontsteld te raak. Die Bybel sê egter ons moet dié wat ons vervloek eerder seën en vir dié bid wat ons aanstoot gee. In plaas daarvan om kwaad te word, gebruik dit eerder as 'n geleentheid om God te prys.
Eerstens sal die Satan ontstig wees omdat jy God prys. Hoe meer jy God prys, hoe minder sal die Satan dit as 'n versoeking in jou lewe gebruik.
Tweedens sal jy agterkom dat jou karakter van nature in Goddelikheid groei wanneer jy die Woord van God in jou lewe toepas.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More