Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 39 VAN 365

Wees geesdriftig in jou werk

As jy wil hê dat God jou werk moet seën, moet jy begin om geesdriftig te werk.

Entoesiasme is nie gegrond op hoe lekker jou werk is of hoe groot jou salaris is nie; dit gaan oor hoekom jy doen wat jy doen. Die woord entoesiasme is afkomstig van die Griekse woorde "en theos" wat "in God" beteken.

As jy geesdriftig oor jou werk wil wees, onthou hierdie drie dinge:

Jou werk is 'n toets van God af — “Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik. As julle dan nie betroubaar is in die hantering van die oneerlike mammon nie, wie sal die ware rykdom aan julle toevertrou? As julle met 'n ander man se goed nie betroubaar is nie, wie sal dan iets aan julle gee om as julle eie te besit?" (Lukas 16:10-12).

Al sien niemand anders wat jy doen nie, sien God wat jy doen — "Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as 'n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, 'n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig" (2 Timoteus 2:15).

Jou houding bepaal jou geluk — "Hardwerkende mense kom in magsposisies; lui mense word dwangarbeiders" (Spreuke 12:24).

Jy kan nie suksesvol wees as jy nie jou houding verander oor die werk waarmee jy tans besig is nie. Romeine 12:11 sê: "Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here."

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com