Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

God sê ek is Waardevol
Hoeveel is jy werd? Nou praat ek nie van geld nie. Ons is geneig om eiewaarde met netto-waarde te verwar, maar die twee is baie verskillend. Jou waarde het niks met jou waardevolle besittings te doen nie.
Hoeveel is jy dus werd?
Ek het eenmaal 'n artikel in die Joernaal van Hospitaal Praktyk gelees, wat bereken het hoeveel die ensieme en hormone en al die verskillende dinge in jou liggaam werd is. Die outeur het alles opgetel en indien jy 'n gemiddelde grootte mens is, is jou waarde meer as vier en tagtig miljoen rand (R84 522 937.51), gebaseer op jou gewig. (Party van ons is selfs nog meer werd!)
Jy is dus minstens 'n R84 miljoen man of vrou! In die artikel, skat die outeur, as jy die koste bereken om elke sel in jou liggaam te skep, dit ongeveer R84 biljoen sou beloop.
Jy is van onskatbare waarde.
Vir Jesus was dit so belangrik dat Hy 'n hele hoofstuk in die Bybel daaraan afgestaan het. In Lukas 15 vertel Hy drie gelykenisse — van die verlore seun, die verlore muntstuk en die verlore skaap. Die gevolgtrekking in elke verhaal is dieselfde. Jesus sê: "Jy maak saak!"
Jy maak vir God saak. Jy is waardevol. God sê jy is waardevol omdat Hy jou liefhet en jou in Christus aanvaar het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More