Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Handhaaf Liggaamlike Gesondheid
Liefde is uitputtend. Dit verg moeite om waarlik lief te hê. Baie mense verstaan nie dat hulle liggaamlike toestand 'n sterk invloed op hul verhoudings het en ook hul vermoë om lief te hê nie.
Wat gebeur met jou verhoudings wanneer jy afgemat is? Nietighede word groot probleme wanneer jy moeg is. Jy is meer geïrriteerd, op die verdediging en krities wanneer jy op 'n liggaamlike laagtepunt is.
Watter gewoontes sê die Bybel sal jou liggaamlik verkwik?
Rus — "Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite 'n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap" (Psalm 127:2). Soms is rus die mees geestelike ding wat jy kan doen. Is dit nie verbasend hoeveel beter dinge daar uitsien na 'n goeie nagrus nie? Baie van ons is selfs te moeg om liefde aan ons kinders te bewys, te moeg om liefde aan jou man of jou vrou te bewys.
Gebalanseerde dieet — "Met u eie hande het U my gemaak, my gevorm; gee my insig, dat ek u gebooie kan verstaan" (Psalm 119:73). Dit is logies, maar om vrugte en groente bo skyfies en koekies te kies, sal ons langdurige energie gee.
Gereelde oefening — "Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik" (1 Korintiërs 6:20.) Ons liggame is vir aktiwiteite geskep. In die tyd van die Bybel hoef hulle nie te geoefen het nie; hulle het oral geloop en fisieke werk gedoen. Nou lei baie mense onaktiewe lewens en ry oral heen. Eintlik het jy maar net twee keuses in jou lewe: moegheid of fiksheid. Fiksheid behels gereelde oefening.
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More