Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

God is nooit te besig nie
Baie kinders word vandag groot sonder dat hulle vaders in hulle lewens betrokke is. Hulle vaders is nooit by die huis nie, altyd weg, nooit daar vir belangrike gebeurtenisse nie. Selfs wanneer hulle vaders by die huis is, is hulle eintlik nie daar nie. Hulle is afsydig, lees die koerant, kyk televisie, of is besig om te werk. Hulle mag dalk fisiek daar wees, maar hulle is nie geestelik of emosioneel daar nie.
Dit is hoekom dit belangrik is om drie bemoedigende feite oor die nabyheid van God te onthou:
God is nooit te besig nie — "Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep" (Psalm 145:18). Hy is nooit te besig om met jou te praat nie. Hy is altyd naby. Hy sê nooit: "'n Bietjie later" nie.
God wil met liefde in jou behoeftes voorsien — Hy is nie ergerlik oor jou versoek nie. "As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?" (Matteus 7:11)
God het simpatie met jou seerkry — "As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede" (Psalm 34:18). Wanneer jy seerkry, kry God seer. Wanneer jy rou, rou God. Hy is daar en Hy gee om. Dit is die Goeie Nuus.
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More