Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Word Emosioneel Verkwik
Wanneer jou emosionele tenk leeg is, is jy nie in staat om ander op 'n onselfsugtige manier lief te hê nie. Jy gee net oor. Dit kan vir jou voel of jy oorweldig is en jy voel ontoereikend. Jy kan dalk kwaad word vir diegene vir wie jy die liefste is. Jy kan dalk mense probeer vermy of hulle as probleme beskou. Jy het geen begeerte om lief te hê nie.
Om jou naaste lief te hê, moet jy jou emosionele tenk vol hou. Wanneer dit te leeg raak, gaan dit jou verhoudinge beïnvloed.
Die Bybel het drie voorstelle om emosioneel verkwik te word:
Afsondering — Jy het alleentyd nodig. Vandag se teksgedeelte leer ons dat Jesus gereeld van die skares onttrek het wanneer Hy 'n behoefte gehad het om emosioneel verkwik te word. In hierdie gedeelte was daar soveel gejaag en gewoel dat Jesus vir sy dissipels gesê het: "Kom julle alleen saam na 'n stil plek toe en rus 'n bietjie" (Markus 6:31). Jy moet alleentyd hê, anders gaan jy emosioneel uitmekaar val.
Ontspanning — Een van my gunsteling teksverse is: "Die Seun van die mens het gekom en geëet en gedrink" (Matteus 11:19). Jesus was die mees intense, bedieningsgefokuste persoon wat ooit gelewe het, maar Hy het ook die lewe geniet. Wanneer jy aan ander gee, is daar 'n prys wat jy betaal en dit is uitputtend. Jy het tyd vir jouself nodig. Dit kan 'n stokperdjie wees, sport, handwerk of speletjies. Doen moeite om te bepaal wat verkwik jou emosioneel en maak dan tyd daarvoor.
Lag — "'n Vrolike mens is 'n gesonde mens, 'n neerslagtige mens raak uitgeput" (Spreuke 17:22). Daar is studies wat bewys dat lag die T-selle in jou liggaam vermeerder en jou immuniteit versterk. Dit vervaardig endorfiene in jou brein. Lag verlig jou las, is 'n emosionele verkwikker en herbouer van liefde.
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More









