Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 358 VAN 365

Werk saam met die Heilige Gees

Dwarsdeur die Bybel sien ons hoe die belangrike waarheid oor en oor uitgebeeld word: die oomblik wanneer jy 'n stap van geloof neem, stel die Heilige Gees sy krag vry.

Toe Josua voor 'n ondeurdringbare versperring te staan gekom het, het die vloedwaters van die Jordaanrivier slegs teruggetrek nadat die leiers in gehoorsaamheid en geloof die kolkende stroom ingestap het. Gehoorsaamheid ontsluit God se krag.

Moenie wag om kragtig of selfversekerd te voel nie. Gaan voort in jou swakheid en doen die regte ding ten spyte van jou vrese en gevoelens. Dit is hoe jy saam met die Heilige Gees werk, en dit is hoe jou karakter ontwikkel.

Paulus verduidelik ons drie verantwoordelikhede om soos Christus te word —

Eerstens: ons moet kies om ons ou manier van optree te laat vaar. "Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word" (Efesiërs 4:22).

Tweedens: ons moet ons manier van dink verander. "Julle gees en gedagtes moet nuut word" (Efesiërs 4:23). Die Bybel sê ons moet God toelaat om ons te verander deur die vernuwing van ons denke (Romeine 12:2).

Derdens: ons moet die karakter van Christus aantrek deur nuwe Goddelike gewoontes te ontwikkel. Jou karakter is in wese die somtotaal van jou gewoontes; dit is hoe jy uit gewoonte uit optree. Die Bybel sê: "Lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig" (Efesiërs 4:24).

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com