Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 34 VAN 365

Belydenis hou jou gesond

Ons het al die belangrikheid bespreek om op God te vertrou en haatdraendheid, bekommernisse en vrees te laat gaan ten einde om gesond te lewe. Hierdie lei na die tweede Bybelse beginsel vir 'n gesonde lewe.

Om my sonde te bely is goed vir my gesondheid — enige sielkundige sal dit bevestig — dit is goed om jou gewete skoon te kry en oor dinge te praat. Jou liggaam is nie gemaak om dit alles binne te hou nie. Wanneer jy skuldgevoelens binne jou ronddra, is dit soos om 'n toe gaskoeldrank blikkie te skud. Dit gaan een of ander tyd ontplof.

Dawid sê in Psalm 32:3-5: "Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het. U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag het opgedroog soos water in somerhitte. Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê: 'Voor die Here bely ek my opstandigheid;' en U het my skuld vergewe."

Dawid het sy skuldgevoelens binne hom gedra en dit het sy gesondheid belemmer. As jy nie met God praat oor jou skuldgevoelens, sonde en bitterheid nie, gaan jy dit op jou liggaam uithaal.

Dokters sê daar is baie mense wat ontslaan sou kon word uit die hospitaal as hulle net geweet het hoe om van hulle skuldgevoelens ontslae te raak of geweet het hoe om te laat gaan van hulle haatdraendheid oor dinge wat hulle aan ander gedoen het en oor wat ander aan hulle gedoen het.

Bestee tyd in gebed vandag en vra God om jou te vergewe vir wat jy aan ander gedoen het. Bid ook dat jy kan laat gaan van haatdraendheid en bitterheid teenoor die wat jou seergemaak het. Vra God om jou te help sodat jy hulle kan vergewe en begin gesond word.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com