Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 33 VAN 365

Vertroue lei tot goeie gesondheid

God het jou liggaam vir jou gegee as geskenk en dit kom met 'n eienaarshandleiding — Die Bybel. Daarin staan al die instruksies om na jouself om te sien en 'n lang, gesonde lewe te lei.

Jy weet alreeds wat die basiese beginsels is — gesonde kos, gereelde oefening en 'n goeie nagrus. Vandag wil ek kyk na die eerste vier gesondheidsfaktore waaraan jy dalk nog nie gedink het nie.

Om op God te vertrou is goed vir jou gesondheid — "Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie" (Spreuke 3:5). Hoekom is dit goed vir jou gesondheid om op God te vertrou? Wanneer jy op Hom vertrou dan is jy nie bekommerd nie.

Psalm 116:7 sê: "Ek moet nou tot rus kom, die Here het goed aan my gedoen." Jy gaan minder gespanne wees wanneer jy volkome op God vertrou.

Jy het 'n keuse — jy kan óf bekommerd wees óf aanbid. Jy kan óf bid óf angstig wees.

Hoe meer jy bid, hoe minder angstig gaan jy wees. Ontspan, want God sal na jou omsien!

Die Bybel sê in Spreuke 14:30, "'n Kalm gemoed hou die liggaam gesond; hartstog vreet 'n mens op." Dis nie net wat jy eet wat saak maak nie, maar dit ook wat aan jou eet. Jy kan al die regte makrobiotika en organiese voedsel inneem, maar as jou liggaam gevul is met haatdraendheid, bekommernis, vrees, wellus, skuldgevoelens, woede, bitterheid, of enige ander emosionele kwale, gaan dit jou lewe verkort.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com