Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

God se voorskrif vir gesondheid
Jy sal sekerlik baie geld spandeer vir 'n pil wat baie jare aan jou lewe kan bylas. Wat as ek vir jou vertel, as 'n Christen, het jy reeds die sleutel tot 'n lang lewe en dis verniet?
God gee al die beginsels vir 'n gesonde lewe in sy Woord, Die Bybel. Die Bybel is die eienaarshandleiding vir jou liggaam. Dawid sê: "Met u eie hande het U my gemaak, my gevorm; gee my insig, dat ek u gebooie kan verstaan" (Psalm 119:73). In Deuteronomium staan daar: "Dit is nie 'n geringe saak vir julle nie, dit is die lewe vir julle, en deur hierdie gebod te onderhou, sal julle julle verblyf verleng in die land wat julle in besit sal neem wanneer julle die Jordaan deurtrek" (Deuteronomium 32:47). God sê: "As jy met jou gesondheid doen wat Ek vir jou sê om te doen, sal jy lank lewe."
Wat is die bevele wat ons na aan ons harte moet dra? "Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam. Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn" (Spreuke 3:5-10).
Hierdie Bybelverse dui faktore aan wat jy nie noodwendig aan sou dink om gesond te bly nie: rus, vertroue op die Here, integriteit, nederigheid en vrygewigheid. Hierdie faktore sal jou gesondheid verbeter, want jou geestelike gesondheid beïnvloed jou fisieke gesondheid.
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More