Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 31 VAN 365

Om fiks te wees is 'n geestelike dissipline

Om jou liggaam fiks te hou is 'n geestelike dissipline. Dit gaan nie net daaroor om gewig te verloor, langer te leef of mooier te lyk nie.

God het jou liggaam geskep. Jesus het daarvoor gesterf, die Heilige Gees woon daarin, jou liggaam is aan Christus verbind en gaan eendag weer opgewek word. Daardie dag gaan God jou verantwoordelik hou hoe jy gesorg het vir wat Hy aan jou gegee het.

My liggaam is aan Christus verbind: "Weet julle nie dat julle liggaam deel is van Christus nie? Sal ek nou 'n deel van Christus neem en dit 'n deel van 'n ontugtige vrou maak? Beslis nie!" (1 Korintiërs 6:15). God beskou sonde teen die liggaam in 'n spesiale kategorie, aangesien jou liggaam met die liggaam van Christus verbind is.

Die Heilige Gees woon in my liggaam: "Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie" (1 Korintiërs 6:19). Jou liggaam is die tempel van God. Sal jy dit ooit oorweeg om 'n tempel te beskadig? Wanneer jy nie na jou liggaam omsien nie, beskadig jy God se tempel.

Jesus het my liggaam aan die kruis gekoop: "Julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik" (1 Korintiërs 6:20). Indien jy wonder wat jou waarde is, kyk na die kruis. Jesus sê met uitgestrekte arms: "Dit is hoeveel jy vir My werd is. Jy is dit werd om voor te sterf." Jy is waardevol.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com