Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Versorg jou liggaam
Jou fisieke gesondheid speel 'n belangrike rol in jou alledaagse lewe. Ek wil vandag en môre bestee om te fokus op die regte motivering om gesond te lewe — wat God sê oor die belangrikheid van jou liggaam in 1 Korintiërs 6:12-20.
God verwag van my om my liggaam te bestuur: "Daar is mense wat sê: 'Alles is my geoorloof.' Ja, maar nie alles is heilsaam nie. 'Alles is my geoorloof,' sê hulle. Ja, maar ek gaan my nie deur enigiets laat verslaaf nie" (1 Korintiërs 6:12). Jou liggaam is 'n geskenk van God. Hy leen jou liggaam vir jou en dis jou verantwoordelikheid om dit reg te bestuur. Wat doen jy met wat Hy vir jou gegee het?
Die Vader besit my liggaam: "Hulle sê ook: ''n Mens se liggaam is nie bedoel vir seksuele losbandigheid nie, maar is daar vir die Here, wat ook oor ons liggaam Here is'" (1 Korintiërs 6:13). Ons kultuur leer ons dat ons met ons liggaam kan doen net wat ons wil. In der waarheid het God ons liggame geskep, so ons het nie die reg om ons liggaam te deel met enigeen wie ons wil nie.
God gaan my liggaam opwek na my dood: "God het deur sy krag die Here uit die dood opgewek en so sal Hy ons ook opwek" (1 Korintiërs 6:14). God vermors niks nie. Eendag gaan Hy 'n nuwe weergawe van jou liggaam opwek.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More