Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 29 VAN 365

Smoor dit in die kiem

'n Begroting is net 'n beplanning. Dit wys waarheen jy wil hê jou geld moet gaan, in plaas daarvan om te wonder waarheen dit gegaan het. Die probleem waarmee baie van ons vandag sukkel, is dat ons nie weet waarheen ons geld gaan nie, want ons het nie 'n begroting nie.

Let wel, as jy vry van skuld wil wees, moet dit in jou begroting begin. Onthou jy vir Barney Fife, van Mayberry? Hy het altyd gesê: "Smoor dit, smoor dit, smoor dit in die kiem." Ons moet dit in die begroting smoor.

Vandag se Bybelvers sê: "Wat hardwerkende mense beplan, is nuttig". Dit beteken begroot, 'n begroting is eenvoudig beplande besteding. Om te beplan sê jy: "Dit is wat ons volgende jaar en volgende maand gaan bestee", en deur dit te doen sê die Bybel: "... dan sal jou skure oorvol wees." Dit is God se belofte.

Daarteenoor: "... maar elkeen wat oorhaastig is, stuur af op gebrek." Dit stuur af op wat adverteerders en bemarkers impulsiewe aankope noem. Weet jy wat impulsiewe aankope is? Het jy al ooit na die winkel gegaan sonder dat jy beplan het wat om te koop, en dan koop jy veel meer as wat jy nodig het? Jy het nie oor die aankope gedink nie, dit was emosionele besluite. Jy het 'n klomp goed gesien, jy wou dit hê en jy het dit gekoop.

As jy te vinnig optree, lei dit tot impulsiewe aankope sonder 'n begroting, wat gelykstaande is aan 'n finansiële ramp. Het jy al ooit iets aangekoop en later spyt gekry? Die meeste van ons het al! Dit is waarom ons moet beplan.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com