Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

God sê jy is waardevol
God sê jy word nie net aanvaar nie, maar jy is ook waardevol.
Hoeveel dink jy is jy werd? Ek praat nie van jou netto waarde nie, ek praat van jou eiewaarde. Moet nooit jou aardse besittings verwar met jou waarde as 'n persoon nie. Jy kan ryk of arm wees, maar dit het niks te doen met jou waarde as 'n mens nie.
Wat bepaal waarde? Daar is twee dinge wat waarde in die lewe bepaal:
Dit hang af wat iemand gewillig is om daarvoor te betaal. Wat is die waarde van jou huis? Jou huis se waarde is wat iemand gewillig is om daarvoor te betaal. Niks meer nie.
Hoeveel is 'n bofbalkaart werd? Vir sommige van julle, niks. Vir Matthew, my seun, is dit baie geld werd. Sommige mense is bereid om duisende rande aan bofbalkaarte te bestee.
Dit hang af aan wie dit in die verlede behoort het. Soms is iets waardevol omdat dit aan iemand behoort het. Is 'n kitaar meer waardevol omdat dit John Lennon s'n was? Ek het gelees dat ou, gebruikte basketbalskoene vir amper R100 000 gekoop is by 'n vendusie omdat dit aan Michael Jordan behoort het.
Gebaseer op die twee bogenoemde aspekte, wat is jou waarde? Vra jouself af: "Aan wie behoort ek?" "Hoeveel is daar vir my betaal?" Die Bybel sê: "Julle is vrygekoop en die prys is betaal; moet dan nie slawe van mense wees nie" (1 Korintiërs 7:23).
Jy behoort aan Jesus. Hoeveel maak dit jou werd?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More