Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 10 VAN 365

Hoe kan ek weet waarvoor ek bestem is?

Weet jy waarvoor God jou gemaak het? Weet jy waarvoor jy bestem is?

Jy moet eers jou gawes herken wat God vir jou gegee het om te gebruik, alvorens jy kan verstaan waarvoor jy bestem is. Dit sluit die dinge in wat jy nie kan beheer nie — jou ouers, jou nasionaliteit, jou ras, jou taal. Dit sluit ook jou geestelike gawes, hart, vaardighede, persoonlikheid en ondervinding in. Die dinge wat jou uniek maak.

Jy is nie verantwoordelik vir die gawes wat God nie vir jou gegee het nie. Met ander woorde as jy nie kunssinnig is nie, word daar nie van jou verwag om te skilder soos Rembrandt nie. Jy is verantwoordelik vir die gawes wat God wel vir jou gegee het.

Wanneer jy in die hemel kom gaan God jou nie met enigiemand, behalwe jouself, vergelyk nie. Wat het jy gedoen met wat jy gekry het? Wat kon jy alles gedoen het as jy God net bietjie meer vertrou het? Romeine 14:12 sê: "Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee."

God het vir jou gawes gegee vir 'n rede, jy het die verantwoordelikheid om 'n goeie bestuurder te wees van daardie gawes — nie vir selfsugtige gebruik nie, maar om ander te help. Jou gawes is nie vir jou voordeel nie. God het vir jou gawes gegee tot die voordeel van ander. Vra jouself: "Wat het God vir my gegee wat ek kan gebruik om goeie dinge mee te doen?"

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com