Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 11 VAN 365

Moenie toelaat dat beperkings jou visie beperk nie

God gebruik nie net jou gawes om jou lotsbestemming te vervul nie, maar ook jou beperkings.

Dink aan koningin Ester: Sy het verskeie beperkings gehad wat haar perfek gemaak het vir die rol waarin God haar wou gebruik. Sy was 'n weeskind wat deur Mordegai aangeneem is, sy was deel van 'n minderheidsgroep, 'n Jodin wat in die land Persië gewoon het, en sy was ongetroud.

God het al hierdie beperkings gebruik, asook die gawes van haar skoonheid, verstand en persoonlikheid om haar lotsbestemming te vervul. Soms kan iets soos 'n ramp lyk, maar eintlik is dit deel van 'n groter plan. Jou lotsbestemming sal egter nooit vervul word as jy jouself sit en jammer kry nie.

Ester kon gesê het: "As ek maar net nie gekies is nie, as ek tog net nie 'n Jodin was nie, as ek liewer iemand anders was." Baie mense doen dit. Hulle lewe in gegriefdheid, hulle kyk na ander mense en sê: "Dit moet seker lekker wees om hulle te wees."

Met so 'n houding sal jy nooit jou lotsbestemming vervul nie. Jy moet besef dat die onaangename struikelblokke in jou lewe dalk Godgegewe geleenthede mag wees om 'n verskil te maak.

Jy is dalk nou in 'n situasie waarin alles verkeerd loop en jy kan nie daaruit kom nie. Maar God weet. Niks in jou lewe gebeur toevallig nie. God kan die plesiere en die pyne, die geleenthede en struikelblokke, alles gebruik. Daar is niks in jou lewe wat God nie ten goede kan gebruik nie, jy moet dit net aan Hom oorgee en Hom dan vertrou.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com