Leesplan inligting

Advent: Die Reis Tot By KersfeesVoorbeeld

Advent: The Journey to Christmas

DAG 2 VAN 25



Praat Van 'n "Kersfees Wonderwerk!"



Nadat God vir die eerste keer die belofte van 'n Verlosser gemaak het, het Hy begin om spesifieke waarhede omtrent die Koning bekend te maak, deur mense, naamlik profete, as kanale te gebruik. Meer as 680 jaar voor die geboorte van Jesus, het God vir die profeet Jesaja gesê dat God vlees sou word en die Verlosser se moeder 'n maagd sou wees. Die akkuraatheid van hierdie bewering alleen is 'n wonder, veral as jy in gedagte hou hoe lank die wêreld vir die vervulling van dié belofte moes wag. Hierdie profesie is egter net een van 108 wat deur die geboorte van Jesus vervul is.



In 1958 het professor Peter Stoner, 'n befaamde wiskundige en sterrekundige, die waarskynlikheid van die vervulling van die Messiaanse profesieë bestudeer en bereken. Hy het tot die slotsom gekom dat die moontlikheid dat selfs net 8 van die 108 profesieë vervul sou word, konserwatief gesproke, een uit 'n 100,000,000,000,000,000 was. Dit is een uit 5 000 biljoen. Net AGT van die 108! Dit maak Kersfees een van die mees betekenisvolle wonderwerke in die geskiedenis.



Terwyl ons dié merkwaardige fees vier, probeer verstaan hoe groot die waarskynlikheid was dat Jesus aarde toe sou kom soos dit voorspel is. Dit is amper onmoontlik om te begryp! Ons enigste logiese reaksie is om in dankbaarheid en verwondering in aanbidding te gaan. Die Woord van God vertel ons dat daar geen beperking aan God se krag is nie, en hierdie syfers is 'n seker bewys daarvan. Hy is ons bewondering werd.



Gebed: Vader, U is wonderbaar. Ek kan nie eens begin om te verstaan hoe U die verhaal van Jesus aanmekaar geweef het voor Hy gebore is nie. Ek staan verwonderd oor u oneindige krag en wysheid. Dankie vir die wonderwerk van u Seun. Help my om nooit te vergeet hoe groot U is nie.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Advent: The Journey to Christmas

Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om di...

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.churchofthehighlands.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid