Liewe Verslawing ...Voorbeeld

Dag 5: Nuwe Fondament
Al ons foute en vergrype en al die maniere waarop ons gefaal het gedurende ons verslawing, hoef nie langer mag oor ons te hê as ons onsself aan God en die herstelproses oorgee nie. 'n Nuwe fondament word gelê wanneer ons voortgaan om elke regte tree te neem.
Ons fondament moet op iets standvastigs gebou word, anders gaan ons sondes ons altyd gevange hou. Ons gee erkenning aan die krag wat ons vernuwe wanneer ons vir Jesus en herstel "ja" sê. Die Bybel sê iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Dit beteken dat ons nuwe gedagtes dink in plaas van die ou leuens, dat ons beter besluite kan neem en spanningsvolle situasies op gesonde maniere hanteer, in plaas daarvan om te gryp na dwelmmisbruik, drank, ooreet, dobbelary, of enige ander gedrag waarop ons staatgemaak het om die pyn te stil.
God wil nie hê jy moet net 'n mooi nuwe lewe hê nie — Hy wil vir jou oorvloed in jou herstel gee! Deur sy Woord en beloftes deel van jou nuwe fondament te maak, is hoe jy krag en stamina bou om die lewenstorms te weerstaan wanneer hulle kom. Hulle sal beslis weer kom. As jou nuwe fondament nie op die Woord van God gebou is nie en jy nie werk aan jou indiwiduele herstelprogram nie, mag jy dalk net uitvind dat jou huis in duie stort met die eerste teken van sterk winde.
Dit is nou tyd om te herbou; maak net seker jy bou jou huis op die Rots.
Vir meer inligting oor STORM (Strategic Treatment Options and Recovery Ministries) Inc., besoek gerus die webtuiste www.storminc.org
Aangaande hierdie leesplan

"Liewe Verslawing ..." is 'n 5-dag leesplan wat na verslawing vanuit 'n Bybelse standpunt kyk. Die Woord bied soveel insig en krag in ons stryd. Ons bid dat hierdie leesplan vertroosting sal bring en jou deur die herstelproses sal inspireer!
More
Verwante Leesplanne

Draai Weg van Verslawing

Ek verklaar oorlog: 4 Sleutels Om Die Stryd Teen Jouself Te Wen

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

Van die Begin tot in Ewigheid

Wandel deur Johannes

Die sin van die lewe

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings
