Liewe Verslawing ...Voorbeeld

Dear Addiction...

DAG 4 VAN 5

  

 

Dag 4: Die Algehele Laagtepunt

Ons is naby die bereiking van 'n algehele laagtepunt wanneer ons verslawing ons in 'n magtelose posisie plaas, wanneer dit nie meer goeie tye is nie, maar die manier word hoe ons die dag probeer baasraak en oorleef. Wanneer wanhoop en hopeloosheid ons omsingel, dan is ons bitter naby daaraan. 

Die laagtepunt is vir elkeen van ons wat met hierdie siekte sukkel anders, maar om daarvandaan terug te kom, verg 'n oorgawe en erkenning dat ons nie meer in beheer is nie. Ons gaan nie beter word deur steeds dieselfde keuses te maak nie. Die enigste manier om uit die donker put te klim, is deur op te kyk.

God belowe om ons onder in die donker put te ontmoet. Wanneer alles vir ons onmoontlik lyk, en dit voel of ons nooit uit die put van verslawing kan klim nie, is Hy daar. Herstel is nie die maklikste manier nie; dit is die enigste manier hoe ons nie in die tronk, in inrigtings of dood gaan eindig nie. Ons het nog steeds ons vrye wil — God sal ons nooit dwing om Hom te kies nie, maar as ons Hom kies, belowe Hy om ons nooit te verlaat of in die steek te laat nie.

Om 'n algehele laagtepunt te bereik het ons dalk onkant gevang en dit maak moontlik nog steeds seer, maar die laagtepunt is ook die fondament waarop ons ons nuwe lewens van herstel met die hulp van God kan begin bou. God sê Hy sal die as van ons uitgebrande lewens neem en vir ons 'n pragtige nuwe kroon in ruil gee. In die plek van rou en wanhoop, gee Hy vir ons vreugde en lofprysing.

Aangaande hierdie leesplan

Dear Addiction...

"Liewe Verslawing ..." is 'n 5-dag leesplan wat na verslawing vanuit 'n Bybelse standpunt kyk. Die Woord bied soveel insig en krag in ons stryd. Ons bid dat hierdie leesplan vertroosting sal bring en jou deur die herstelproses sal inspireer!

More

Ons wil graag vir George en Meredith Shafer, mede-stigters van STORM Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek hulle vir verdere inligting by http://www.storminc.org