Liewe Verslawing ...Voorbeeld

Dag 3: Die Skuif
Die lokaas en die omruil. Dit is werklik die een taktiek wat in alle soorte sonde gebruik word. Ons kom in versoeking met beloftes van pret, bevrediging en vrede, maar ons weet al drie hierdie dinge word in die Woord gevind. Alles wat hierdie wêreld bied, is sintetiese namaaksels van die werklikheid.
Dit kanselleer egter nie die houvas wat verslawing oor ons het nie. Kennis is net iets werd as ons dit toepas.
Weet jy hoe banktellers leer om vervalste note te identifiseer? Nuwe tegnologie en slimmer kriminele maak dit al meer ingewikkeld om vervalste note uit te ken. Banke stuur voortdurend memorandums uit met inligting oor nuwe tendense van vervalsings, en hulle het 'n lys van bekende oortreders. Die kern van wat hulle leer, is egter gevestig op die werklike banknote. Banktellers is so bekend met die verskillende rand note omdat hul daagliks daarmee werk, dat hulle dadelik kan raaksien as iets vreemd lyk.
Ons kan 'n waardevolle les hieruit leer op ons geestelike pad na nugterheid. Romeine 12:2 sê: "Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is."
Gedurende ons herstel, word ons gedagtes letterlik herskep, ons leer hoe om die lewe volgens sy eie voorwaardes te hanteer. Ons raak so bekend met die egtheid van die Woord van God en sy liefde, sodat ons dadelik die vyand kan herken.
Aangaande hierdie leesplan

"Liewe Verslawing ..." is 'n 5-dag leesplan wat na verslawing vanuit 'n Bybelse standpunt kyk. Die Woord bied soveel insig en krag in ons stryd. Ons bid dat hierdie leesplan vertroosting sal bring en jou deur die herstelproses sal inspireer!
More
Verwante Leesplanne

Draai Weg van Verslawing

Ek verklaar oorlog: 4 Sleutels Om Die Stryd Teen Jouself Te Wen

Wandel deur Johannes

Die sin van die lewe

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

Van die Begin tot in Ewigheid

Die krag van ’n biddende vrou
