Liewe Verslawing ...Voorbeeld

Dag 2: Goeie Tye
Ons het darem al goeie tye gehad, nie waar nie?
Die meeste van ons wat herstel na 'n verslawing het 'n paar goeie herinneringe van die lewe toe ons nog verslaafdes was. Dit kan natuurlik eintlik gesê word van enige tydperk in 'n mens se lewe.
Ongelukkig kan ons persoonlike ontwikkeling belemmer word as ons aan daardie goeie tye vashou of daardie eerste dwelmroes najaag. Paulus het dit die beste beskryf in 1 Korintiërs 13:11: "Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind. Maar noudat ek 'n man is, is ek klaar met die dinge van 'n kind."
Dit was nooit die bedoeling om vir altyd in een fase van die lewe te bly nie. Dit is belangrik dat ons wat in die herstelproses is, stapsgewys ons riglyne volg om te streef na eerbare herstel van ons verwoesting, en uit te sien na genesing. Dit is uiters noodsaaklik dat ons veral in die eerste paar dae van herstel, ons ingesteldheid weerhou van ons verlede tot op die regte tyd en plek.
Onthou, ons kan altyd ons onbekende toekoms in 'n bekende God se hande plaas. Hy sê vir ons in Jeremia 29:11: "Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!" Dit is nie net 'n woord van bemoediging of positiewe gedagtes nie — dit is 'n verklaring van die Skepper self.
“Net vir vandag” is 'n herhalende tema in ons herstelproses wat ons oor en oor gaan besoek. As jou een voet nog in gister vasgevang is en jou ander voet in môre, gaan jy geen belegging in die hede kan maak nie. Vandag is die dag wat God gemaak het, en wie weet, miskien is dit juis vandag wat jy die lewenslange herinneringe gaan begin bou waarna jy nog altyd streef!
Aangaande hierdie leesplan

"Liewe Verslawing ..." is 'n 5-dag leesplan wat na verslawing vanuit 'n Bybelse standpunt kyk. Die Woord bied soveel insig en krag in ons stryd. Ons bid dat hierdie leesplan vertroosting sal bring en jou deur die herstelproses sal inspireer!
More
Verwante Leesplanne

Draai Weg van Verslawing

Ek verklaar oorlog: 4 Sleutels Om Die Stryd Teen Jouself Te Wen

Wandel deur Johannes

Die sin van die lewe

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

Van die Begin tot in Ewigheid

Die krag van ’n biddende vrou
