Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 91 VAN 280

'N ERFENIS

Jy, as 'n volwasse Christen, het sekerlik al deur baie moeilikhede gegaan toe jy op God se teenwoordigheid en genade moes staatmaak om jou daardeur te dra. Ek is seker die meeste van julle het verhale van geloof en God se voorsiening wat julle weer hoendervleis sal gee as julle dit oorvertel.

Psalm 87 moedig ons aan en beveel ons selfs om hierdie verhale aan ons kinders oor te vertel. Julle gesin sal die vyand buite die huis teëkom — woedende mense, trots, geldgierigheid en 'n samelewing wat sonde regverdig. Herinner jou kinders aan God se krag wat beskikbaar is om al hierdie dinge te oorkom. Deel die voorbeelde van sy getrouheid met hulle. Wanneer ons vergeet waarop ons hoop gebaseer is, is ons meer kwesbaar vir aanslae van buite.

Onthou hoe God vir jou voorsien het en vertel vir jou kinders daarvan, sodat hulle uit dieselfde bron kan krag put.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com