Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 92 VAN 280

KOSTE EN WAARDE

Kyk jy ooit met verwondering na die "leefstyl van die rykes en beroemdes"? Die media maak ons deurentyd daarvan bewus. Hulle huise, karre, klere en stokperdjies word aan ons voorgehou as voorbeelde van "suksesse". Was dit nie nog altyd waar dat mense jou prys as jy "voorspoedig" is nie?

Die wêreld is behep met die idee van "die goeie lewe". Is dit nie ironies dat enige iets met 'n prys, ongeag hoe uitspattig of duur dit is, geen ewige waarde het nie. Help jou kinders om teen materialisme te stry deur op die ewige dinge te fokus. Die effektiefste manier om die boodskap oor te dra, is deur jou eie voorbeeld. Word 'n oomblik stil en vra vir God of jy nog enige hulp op hierdie terrein nodig het. Besluit om een verandering te maak, ongeag hoe klein, wat kan wys waaraan jy waarde heg.

Leer jou kinders om nie die koste van iets en die waarde daarvan, met mekaar te verwar nie.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com