Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 258 VAN 280

SLUIERS

Om wysheid te bekom moet ons toelaat dat God ons "sluiers" verwyder. Dit is die dinge waaragter ons skuil en gebruik om onsself 'n gevoel van veiligheid of waarde sonder God te probeer gee. Dit sluit die volgende in: beheer, trots, perfeksionisme en 'n begeerte om onsself of ons kinders te verheerlik.

Wat is jou "sluiers"? Is jou lewe van so 'n aard dat jy nie meer die blinde kolle raaksien nie? Lei jou ouerskap daaronder? Dit verg moed om die Heilige Gees te vra om die sluier te lig sodat ons daardie terreine wat moet verander, kan raaksien. Om nuwe lewe en geestelike groei te ervaar, moet ons bereid wees dat God die sluiers verwyder en toelaat dat ons sondige gewoontes sterf.

Laat God toe om jou "sluiers" te verwyder en nooi Hom om jou hart te verander.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com