Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 237 VAN 280

LEEF SAAM MET DIE RAAISEL

Een van die moeilikste dinge van ouerskap is om te aanvaar dat daar grense aan ons beheer is. Ons wil graag ons kinders van moeilikhede af weghou en hulle keer om verkeerde keuses te maak. Selfs al doen ons ons bes om God te eer met ons ouerskap, sal ons nogtans ervaar dat ons kinders rebelleer en selfsugtig optree.

Met elke uitdaging kom ons voor twee keuses te staan: om God se plan of ons eie plan te volg. Die meeste van die tyd misluk ons plan, omdat ons God en die omstandighede probeer beheer. Ons moet eerder op God se ewige plan en doel vertrou. Alhoewel Hy die ewigheid in ons harte geplaas het, is ons denke nog op die verganklike gevestig.

Een van ons grootste uitdagings as ouers, is om op God se goedheid te vertrou en saam met die raaisel te leef.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com