Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 233 VAN 280

SONDE IS DIE TEIKEN

Ons kinders kan uitstekend toneelspeel wanneer hulle dink dat hulle berou ons sal laat afsien van die straf wat hulle verkeerde dade noodsaak. Wanneer hulle op ons emosies speel, kan dit ons dalk laat besluit om ons dissipline te laat verslap, omdat dit ongerieflik kan wees en die meeste van die tyd uitputtend is!

Ons gebruik ook dieselfde taktiek wanneer ons bid en God vra om ons uit die nagevolge van ons slegte besluite te red. God laat egter toe dat ons die nagevolge van ons sonde dra. Dit is deel van sy liefdevolle plan om ons meer soos Christus te maak. Dit verg meer liefde om vir ons te gee wat ons nodig het in plaas daarvan om vir ons te gee wat ons wil hê.

Ons boots die perfekte ouer na wanneer ons sterk genoeg is om die langtermyn voordele van dissipline in te sien as ons kinders dit nie kan sien nie. Dit is nie altyd maklik nie, maar as ons kalm en liefdevol bly en deurdruk met ons dissipline, berei ons ons kinders voor om die hemelse Vader se liefde in sy dissipline raak te sien.

Wyse dissipline is 'n teken van 'n ouer wat regtig lief is vir sy kinders.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com