Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

DIE KRAG VAN NEDERIGHEID (DEEL 2)
Vandag sien ons hoe God sy wil bereik deur 'n kettingreaksie van 'n paar nederige dade. Eerstens het Paulus en Silas nederig gebly en geweier om te ontsnap nadat die tronkdeure in die aardbewing oopgeruk is. Toe was die tronkbewaarder nederig toe hy dieselfde gevangenes wat hy moes oppas, na sy huis toe geneem het, hulle voete en wonde gewas en vir hulle kos gegee het! Dit moes 'n kragtige getuienis gewees het, want die tronkbewaarder se hele gesin het tot bekering gekom en is gedoop.
Waar moet jy vandag nederig wees? Moet jy jou kinders om verskoning vra vir jou sarkasme en harde woorde? Het jy hulle gevoelens in die wind geslaan net om jou eie standpunt te verdedig?
Laat jou voorbeeld die begin wees van 'n kettingreaksie van nederige dade in jou huis.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com