Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 209 VAN 280

VRY VAN KOMMER

God wil hê dat ons in sy vrede moet wandel en moet glo dat Hy in beheer is. Bekommernis en jaloesie kom na vore as ons nie ons begeertes aan die Here oorgee nie. Dit kan baie nadelig wees in ons verhouding met God as sonde soos verslawing, seksuele immoraliteit en nog meer, deel word van ons lewens. God beveel ons tog om weg te bly van sulke goed.

Terwyl ons kinders grootmaak, laat God ons toe om verskeie situasies te ervaar wat beide frustrasie (soos om bekommerd te wees oor hul toekoms) en afguns (wanneer ons jaloers is op die prestasie van ander kinders) in ons voortbring. Ouerskap bied ook baie opwindende geleenthede om onsself en ons kinders aan God oor te gee. So groei ons in ons verhouding met Christus. Wanneer ons dit doen, word ons vry van die las wat bekommernis en jaloesie bring.

Gee jouself aan God oor en ervaar sy vrede.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com