Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 208 VAN 280

KRAG DEUR SY WOORD

Die "openbaring" waarna in vandag se Skrifgedeelte verwys word, is die Woord van God. Het jy opgelet hoe verwyderd van God jy voel as jy nie tyd saam met Hom en in sy Woord deurbring nie? Dit is dan ook moeiliker om die lewe aan te pak met die ewigheid in gedagte. Kort voor lank beïnvloed die wêreld jou in so 'n mate dat jy nie maklik kan "nee" sê vir versoeking nie. Onlangs, tydens 'n verjaardagpartytjie, is ek herinner aan my tekortkoming, toe 'n ma sê: "Dis al 21 dae sedert ek op my kinders gegil het! Dit help my regtig om op die Woord van God te fokus."

Ons wil so dikwels God se krag ervaar, maar belê nie in 'n verhouding met Hom deur Bybelstudie en gebed nie. Omdat ons sulke besige lewens lei is dit maklik om dit uit te stel en dan wonder ons nog hoekom ons lewe so buite beheer is en chaoties voel. Die waarheid is dat ons tyd inruim vir die dinge wat vir ons belangrik is. Maak jou verhouding met God jou eerste prioriteit, ongeag van hoe besig jy is.

Koester jou verhouding met God deur elke dag sy Woord te bestudeer.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com