Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

HOOP IN 'N SONDIGE WÊRELD
Die verhaal van Noag is 'n goeie voorbeeld van hoe God sy waarheid en liefde demonstreer. God haat sonde. Die sonde van die mense voor die sondvloed het Hom genoodsaak om die wêreld te oordeel (sy waarheid). Omdat Noag getrou en gehoorsaam was, het God sy liefde aan hom en sy gesin bewys deur hulle van die vloed te red (sy liefde). Die eerste ding wat Noag gedoen het nadat hy uit die ark gekom het, was om God te aanbid en 'n offer te bring. Hy het God se krag en geregtigheid gesien, maar hy het ook geweet dat Hy liefdevol was en aanbid moes word.
Mense sondig nog steeds, en God hou aan om liefdevol en regverdig te wees. Hy laat toe dat ons die gevolge van ons ongehoorsaamheid dra, maar hy bied vergifnis en versoening deur Jesus Christus aan.
Ouers se uitdaging is om God se voorbeeld te volg en 'n balans tussen die waarheid en liefde te handhaaf. Ons is geneig om die een bo die ander te beklemtoon, maar albei is nodig. Hoe gaan ons dit regkry? Jy moet jou kinders verantwoordelik hou vir hulle ongehoorsaamheid en terselfdertyd kalm en konsekwent bly terwyl jy hulle dissiplineer.
Ouerskap behoort God se waarheid en liefde te weerspieël.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com