Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 206 VAN 280

TROOS VIR OUERS

Koning Dawid het vandag se Skrifgedeeltes tydens 'n baie moeilike tyd in sy lewe geskryf. Een van sy seuns is vermoor, sy dogter was verkrag en nog 'n seun wou wraak neem op hom! Dawid het so pas uit Jerusalem gevlug toe hy hoor sy seun, Absalom, wou hom as koning onttroon. Ek dink nie die woorde, "Ek sal van vreugde sing" het in Dawid se gedagtes opgekom in hierdie situasie nie!

Dawid het egter God se beskerming en liefde ervaar as 'n veilige plek waar hy troos kon vind. Ondervinding het hom geleer dat as hy homself nederig aan sy Vader onderwerp, die Here hom staande sou hou. Dit beteken egter nie dat Dawid die nagevolge van sy dade sou vryspring nie, maar God sou saam met hom daardeur gaan en hoop en troos verskaf in die moeilikste omstandighede. Dit is 'n baie goeie voorbeeld vir ouers!

Ons moenie ons kinders red uit die nagevolge van hul dade nie, maar ons behoort 'n plek van hoop en troos te bied.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com