Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

DIE BRON VAN ONS HOOP
Soos ons die uitdagings van die daaglikse lewe teëkom, plaas ons dikwels ons hoop in die moontlikheid van omstandighede wat verbeter of mense wat verander. Wanneer dinge moeilik raak, dink ons: "Ek sal gelukkig wees as my lewensmaat sal verander", "As ek net meer geld kan maak", of "Daar sal vrede in die huis wees as my kinders grootword en ophou rebelleer." Die probleem met hierdie denkwyse is dat ons tevredenheid onderhewig raak aan dinge wat ons nie kan beheer nie. Ons wil so graag in vrede leef dat ons die groter doel wat God vir ons lewens het nie raaksien nie!
Dit maak nie saak of ons seëninge en probleme of oorvloed en armoede ervaar nie, die bron van ons hoop sal nie die heerlikheid wat in die hemel openbaar gaan word, verander nie. In die tussentyd kan ons kies om ons probleme as gereedskap te sien wat ons dwing om meer soos Christus te word en meer afhanklik te wees van ons hemelse Vader.
Plaas jou hoop in God; net Hy kan dit vir jou gee.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com