Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

HERDEFINIEER DIENSBAARHEID
Toe my kinders jonk was het ek dikwels skuldig gevoel om huishoudelike take aan hulle uit te deel. "Hulle is so moeg" en "Is 'n ma nie veronderstel om haar gesin te dien nie?" was die gedagtes wat by my opgekom het. Ek het geredeneer dat 'n "omgee-ma" die een was wat haar kinders se verantwoordelikhede namens hulle doen. Dit was ook vir my makliker om hulle take te verrig as om hulle klagtes en gemor aan te hoor, of te sien dat hulle dit nie behoorlik doen nie.
Die waarheid is dat my idee van diensbaarheid hulle onverantwoordelike gedrag aangehelp het. Ek moes gaan sit en dink wat dit regtig beteken om my gesin te dien. God wil hê dat ouers hul kinders moet leer hoe om verantwoordelik te wees. Dis dalk moeilik om dit te doen, maar ons moet ons kinders toelaat om dinge vir hulleself te doen.
Dien jou kinders deur hulle te leer hoe om ander te dien.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com