Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

OM MENSE TEVREDE TE STEL
Tydens sy lewe op aarde, het mense Jesus vereer sowel as geminag. In die streek van Galilea het hulle Hom geprys en in sy tuisdorp, Nasaret, is Hy verwerp.
Mense is wispelturig. Dit maak nie saak hoe hard jy probeer nie, jy sal nooit almal te alle tye kan tevrede stel nie. Dit sluit ons kinders ook in. Baie ouers word geïntimideer deur hul kinders se woede, en in 'n poging om hulle tevrede te stel, verslap ouers die grense wat hulle aan hul kinders gestel het en laat hulle nie toe dat hulle kinders die gevolge van hul dade dra nie. Dit veroorsaak dat ouers nie die respek en bewondering ontvang wat hulle verwag nie. In plaas daarvan kry hulle net meer woede en kinders wat hulleself regte toeëien.
God verwag dat ons op Hom bly fokus en getrou bly in dit waarvoor Hy ons geroep het. Die beste manier om jou kinders tevrede te stel, is om God tevrede te stel.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com