Leesplan inligting

Redding KomVoorbeeld

Salvation Rise

DAG 1 VAN 10

Heerlikheid Kom Toe



Luister na "Glory Be"



Jy lei skipbreuk.



Wrakstukke van die boot sink rondom jou. Jy probeer wegswem, maar 'n swaar stuk van die romp pen jou vas op die bodem van die see. Jy kan nie na die oppervlak kom om asem te skep nie.



Niemand kan van jou verwag om jouself in so 'n situasie te red nie. Dit is dringend nodig dat iemand jou na die oppervlak bring, strand toe help en noodhulp toepas.



Sonder Jesus is ons almal geestelik dood. Ons kan onsself nie red nie.



Ons is nie net slegte mense wat moet goed word nie; ons is dooie mense wat weer lewendig gemaak moet word.



Genade is dit wat God vir ons gee wat ons nie verdien nie. Wanneer ons op 'n laagtepunt in ons lewe is, vasgevang deur ons sonde en in opstand teen God, tree Jesus in. Dit is as gevolg van Jesus dat ons 'n tweede kans kry en die geleentheid om 'n wonderlike lewe te lei.



Ons kan nie hard genoeg werk of goed genoeg wees nie. God het ons liewer as wat ons ooit kan dink.



God se genade maak die verskil. Dit bring ons uit die dood na die lewe en van verlore na gevind. Wat sê hierdie buitengewone genade vir ons oor God?
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Salvation Rise

Redding Kom bekyk die Skrifte wat die liedjies geïnspireer het op NewSpring Worship se nuutste album. Hierdie 10-dag studie is geskryf vir nuwe Christene en is 'n viering van wie God is, wat Hy gedoen het en als wat Hy n...

More

Baie dankie aan NewSpring Church wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid