Leesplan inligting

Redding KomVoorbeeld

Salvation Rise

DAG 7 VAN 10

Verdediger



Luister na “Defender” en lees dan:



Om vir 'n jong bestuurder die sleutels van jou kar te gee is 'n daad van vertroue. Jy plaas jou lewe in daardie persoon se hande en vertrou dat hy/sy jou veilig sal neem van punt A na punt B sonder enige insidente. Elke keer as die bestuurder na die radio kyk of die lugreëling verstel, klem jou hande stywer aan die sitplek vas. Elke keer as 'n voertuig aankom, trap jy die denkbeeldige rem op die vloer van die passasierskant.



Jy plaas jou vertroue in God wanneer jy besluit om Jesus te volg. Jy gee gereeld vir Hom die sleutels totdat jy later so gemaklik is met sy bestuursvernuf dat jy jou nie meer bekommer of Hy die flikkerlig aanskakel of die regte pad kies nie.



Om tot op daardie plek te kom waar ons God ten volle vertrou met alles — ons verhoudings, beroepe, geld en toekoms — is 'n lewenslange reis. Party kere sal ons ons humeur verloor en Hom vra om die kar om te draai. God raak egter nie verbouereerd deur ons uitbarstings nie, want Hy is anders as enige iemand wat ons ooit geken het.



Eksodus 34:6 beskryf God as barmhartig, genadig, lankmoedig, vol liefde en getrouheid. God se liefde vir ons hang nie af van wat ons doen of opgee as ons verhouding met Hom skeefloop nie. Hy veg vir ons, red ons en het 'n welbehae in ons.



Dit is die moeite werd om Hom te vertrou. Sal jy Hom toelaat om jou stap vir stap te lei?



Dit is moeilik om te leer om God te vertrou, maar jy is nie alleen nie. Gaan na newspring.cc/groups om die NewSpring groep naaste aan jou te vind.
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Salvation Rise

Redding Kom bekyk die Skrifte wat die liedjies geïnspireer het op NewSpring Worship se nuutste album. Hierdie 10-dag studie is geskryf vir nuwe Christene en is 'n viering van wie God is, wat Hy gedoen het en als wat Hy n...

More

Baie dankie aan NewSpring Church wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid