Leesplan inligting

Redding KomVoorbeeld

Salvation Rise

DAG 10 VAN 10

Lam van God



Luister na “Agnus Dei” en lees dan:



Om heilig te wees beteken jy is rein en volmaak. Niemand is volmaak nie. Ons lewens is nie perfek nie. Ons tuistes is nie perfek nie. Ons kinders is nie volmaak nie. Net Jesus is.



As ons halleluja sing, sê ons eintlik: “Prys die Here.” Jesus verdien ons lofprysing, want Hy is volmaak. Hy verdien ons lofprysing omdat Hy Homself vir ons opgeoffer het om vir ons sondes te betaal. Voordat Jesus gekruisig is, het mense lammetjies geoffer om vir hulle sondes te betaal. Die diere het niks verkeerd gedoen nie. Hulle was slegs 'n sondebok. Net soos 'n lam het Jesus die skuld van ons sonde vir eens en vir altyd gedra.



Wanneer ons sing ter ere van alles wat Jesus gedoen het, en nog steeds vir ons doen, sing ons nie alleen nie. In Openbaring 5:12 staan die engele rondom Jesus en sing: “Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lof te ontvang.”



Duisende jare gelede het God Sy belofte gehou en sy seun Jesus gestuur om in ons plek te sterf. God was nog altyd getrou en verander nooit. Dit maak nie saak in watter chaos jou lewe is nie, God bly God en Hy bly goed. Hoe verander jou siening van jou omstandighede noudat jy weet dat God goed is en altyd in beheer is?
Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Salvation Rise

Redding Kom bekyk die Skrifte wat die liedjies geïnspireer het op NewSpring Worship se nuutste album. Hierdie 10-dag studie is geskryf vir nuwe Christene en is 'n viering van wie God is, wat Hy gedoen het en als wat Hy n...

More

Baie dankie aan NewSpring Church wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid