Leesplan inligting

Sewe Maniere Om Jou Nuwe Jaar Soeter te MaakVoorbeeld

7 Ways To Sweeten Your New Year

DAG 7 VAN 7

7. Besluit om God se Liefde vir, en Behae in Jou te Glo 


Ons kan met ons verstand die waarhede glo wat in die Woord van God geopenbaar word, maar wanneer dit daarby kom om hierdie dinge in ons lewens te beleef, in te asem en te voel, is dit 'n bietjie moeiliker. 'n Groot deel van ons reis op aarde is om te leer om God en sy Woord werklik te vertrou gedurende die nietige alledaagsheid van ons behoeftige lewens. Begin nou, ongeag die boodskappe uit jou verlede, met 'n doelgerigte soeke om te glo dat God baie opgewonde oor jou is en jou innig liefhet. Dit sal jou lewe verander.



 Soos jy al meer op sy liefde vir jou vertrou, vra Hom om ook die vreugde van sy teenwoordigheid aan jou te openbaar. Soek daarna in al jou omstandighede — of dit nou gelukkig en opwindend, vaal en doodgewoon, of uitdagend en pynlik is. Hy is goed; Hy ken jou volkome, en daar is geen einde aan sy liefde vir jou nie. Hy is in alles daar by jou, en daar is krag in die blydskap wat net in Hom gevind word. 


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Ways To Sweeten Your New Year

Die Joodse Nuwejaar word Rosh Hashanah genoem. Tradisionele kos en oor-en-weer groete vorm die middelpunt tot die hoop dat 'n soete nuwe jaar voorlê. Terwyl die nuwe jaar sy opwagting maak, rig ons ons gedagtes op hoe on...

More

Ons wil graag "Jewish Voice Ministries International" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://www.jewishvoice.org/fall-feasts-infographic vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid