Leesplan inligting

Sewe Maniere Om Jou Nuwe Jaar Soeter te MaakVoorbeeld

7 Ways To Sweeten Your New Year

DAG 1 VAN 7

1. Wees Daagliks Dankbaar 


Frustrasies, uitdagings en pyn kan ons oë vir God se gawes verblind. Die roetine van die alledaagse lewe kan 'n onopsetlike selfvoldaanheid veroorsaak wat weer daartoe lei dat ons sommige dinge as vanselfsprekend aanvaar. Deur doelbewus elke dag dankbaarheid te beoefen, kan ons 'n vars visie gee om die goeie om ons raak te sien. 



Om jou nuwe jaar 'n bietjie op te kikker, gee jouself 'n daaglikse dankbaarheidstaak om te doen. Dit kan so eenvoudig wees as om God elke aand vir een, twee of vyf dinge te dank. Vra God om jou te help om 'n dankbare hart te ontwikkel en oë om sy goeie gawes wat jou omring te kan raaksien. 



 Danksegging is ook 'n effektiewe manier om moedeloosheid te bekamp. Wanneer jy 'n probleem of teleurstelling in die gesig staar, bring die saak na God toe en maak 'n lysie van positiewe dinge wat ook van jou lewe waar is. Hoe meer jy die gewoonte aankweek om jou dankbaarheid uit te druk, hoe meer sal jy dinge deur die loop van die dag raaksien waarvoor jy dankbaar kan wees.

  


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

7 Ways To Sweeten Your New Year

Die Joodse Nuwejaar word Rosh Hashanah genoem. Tradisionele kos en oor-en-weer groete vorm die middelpunt tot die hoop dat 'n soete nuwe jaar voorlê. Terwyl die nuwe jaar sy opwagting maak, rig ons ons gedagtes op hoe on...

More

Ons wil graag "Jewish Voice Ministries International" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://www.jewishvoice.org/fall-feasts-infographic vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid