Leesplan inligting

Sewe Maniere Om Jou Nuwe Jaar Soeter te MaakVoorbeeld

7 Ways To Sweeten Your New Year

DAG 5 VAN 7

5. Reik Uit 


Net soos lofprysing ons gees opbeur, is ook die soeke om ander te seën opbeurend. Deur mekaar te dien, kan ons ons gedagtes van onsself wegneem en ons selfs uit 'n negatiewe bui uitlig. Ons ervaar die diepe bevrediging van gee, en ons eie lewens raak soeter.   



Daar is 'n magdom maniere om uit te reik na ander. Is daar 'n nuweling by jou werkplek? Nooi die persoon uit vir middagete of staan eenvoudig by die persoon se lessenaar vir 'n wyle om 'n paar woordjies te wissel. Jy mag dalk net 'n nuwe vriend vind. Is daardie advertensie in jou gemeente se pamflet vir 'n kinderoppasser weer hierdie week gelys? Miskien kan jy tóg help. Om te dien en te gee, kom in alle vorms en groottes en ons is geseënd wanneer ons gee.

 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Ways To Sweeten Your New Year

Die Joodse Nuwejaar word Rosh Hashanah genoem. Tradisionele kos en oor-en-weer groete vorm die middelpunt tot die hoop dat 'n soete nuwe jaar voorlê. Terwyl die nuwe jaar sy opwagting maak, rig ons ons gedagtes op hoe on...

More

Ons wil graag "Jewish Voice Ministries International" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://www.jewishvoice.org/fall-feasts-infographic vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid