Leesplan inligting

Sewe Maniere Om Jou Nuwe Jaar Soeter te MaakVoorbeeld

7 Ways To Sweeten Your New Year

DAG 6 VAN 7

6. Lees die Evangelies en Herontdek vir "Yeshua" (Jesus) 

Die apostel Paulus het verklaar dat Hy alles as waardeloos beskou in vergelyking daarmee om Jesus te ken. Volgens Jesaja 53:2 is daar niks besonders aan die Messias se voorkoms wat mense na Hom toe sou aantrek nie. Nogtans het Jesus skares getrek, veral die sondaars.   


'n Ander manier om jou nuwe jaar soeter te maak, is om God te vra om jou dinge oor Jesus in die evangelies te wys, wat jy nie noodwendig voorheen raakgesien het nie. Soos jou oë oopgemaak word om Hom opnuut in bekende verhale te sien, sal jy voorbeelde vind van sy sagmoedigheid, gehoorsaamheid, heiligheid, afhanklikheid of genade wat jou voorheen ontwyk het. Jy sal sy liefde en genade jeens jou herontdek. Hy voel dieselfde teerheid vir jou as wat Hy gewys het aan die vrou wat Hy van bloedvloeiing genees het. Hy put dieselfde genot uit jou opregte dankbaarheid, as wat Hy geput het uit die een melaatse wat teruggedraai het om Hom te bedank, nadat Hy tien genees het.   


Jesus het gesê, wanneer ons Hom sien, dan sien ons die Vader. Om die Een te ken wat jou volmaak liefhet, is een van die soetste gawes wat daar is! 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

7 Ways To Sweeten Your New Year

Die Joodse Nuwejaar word Rosh Hashanah genoem. Tradisionele kos en oor-en-weer groete vorm die middelpunt tot die hoop dat 'n soete nuwe jaar voorlê. Terwyl die nuwe jaar sy opwagting maak, rig ons ons gedagtes op hoe on...

More

Ons wil graag "Jewish Voice Ministries International" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://www.jewishvoice.org/fall-feasts-infographic vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid