Leesplan inligting

Sewe Maniere Om Jou Nuwe Jaar Soeter te MaakVoorbeeld

7 Ways To Sweeten Your New Year

DAG 4 VAN 7

 4. Vertel Elke Dag vir God Iets — of Baie Dinge — wat Jy van Hom Liefhet


'n Interessante ding gebeur wanneer ons God loof en prys: ons ervaar vreugde. Dit is nie alleenlik gepas dat ons God verheerlik en prys nie, dit bevoordeel ons eintlik ook. Om God te loof versoet ons lewens en versterk die intimiteit van ons verhouding met Hom. Wanneer ons harte op Hom gefokus is, sien ons sy wonderbare vrygewigheid teenoor ons. Hoe verstommend is dit, dat die God van die heelal sou afbuig om ons lief te hê en te red, sodat ons vir ewig saam met Hom kan wees?



  

Vra God se hulp om 'n gewoonte te ontwikkel om Hom te vertel wat jy van Hom waardeer. Dag na dag sal God jou behoeftes bevredig. Wat staan vandag vir jou uit? Is dit sy teerheid teenoor jou in 'n sensitiewe situasie? Sy aandag aan nietighede of sy wilde en kleurvolle kreatiwiteit? Miskien is dit sy vermoë om op 'n ingewikkelde manier omstandighede saam te weef om sy planne te laat uitwerk. Vertel Hom waarom jy Hom waardeer. Jy sal geseënd wees wanneer jy oor Hom nadink.  


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

7 Ways To Sweeten Your New Year

Die Joodse Nuwejaar word Rosh Hashanah genoem. Tradisionele kos en oor-en-weer groete vorm die middelpunt tot die hoop dat 'n soete nuwe jaar voorlê. Terwyl die nuwe jaar sy opwagting maak, rig ons ons gedagtes op hoe on...

More

Ons wil graag "Jewish Voice Ministries International" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://www.jewishvoice.org/fall-feasts-infographic vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid