Leesplan inligting

Sewe Maniere Om Jou Nuwe Jaar Soeter te MaakVoorbeeld

7 Ways To Sweeten Your New Year

DAG 3 VAN 7

3. Lees Elke Dag 'n Psalm


Die psalmdigters het vanuit die dieptes van hulle harte na God uitgeroep. Hulle woorde het rou emosies van teleurstelling, vrees, woede en desperate nood bevat. Ons kan almal onsself met hierdie omstandighede vereenselwig. Daar is vertroosting in die wete dat ander mense al soortgelyke gevoelens as ons verduur het en in God se teenwoordigheid troos gevind het.  

 



Wanneer ons die Psalms lees, sien ons wanneer ons na God uitroep, verskuif van die kern van die skrywer se probleme na God self toe. Ons ontdek dat God vir ons beskikbaar is op dieselfde manier as wat Hy vir Dawid en die ander psalmdigters was. Hy is ons skuiling en ons skild, ons toevlug en vesting, ons verlosser en geneser. Deur die Psalms leer ons om ons aandag op ons almagtige Vader wat vir ons omgee te vestig, en kan ons met vrymoedigheid ons bekommernisse in sy hande laat.  


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

7 Ways To Sweeten Your New Year

Die Joodse Nuwejaar word Rosh Hashanah genoem. Tradisionele kos en oor-en-weer groete vorm die middelpunt tot die hoop dat 'n soete nuwe jaar voorlê. Terwyl die nuwe jaar sy opwagting maak, rig ons ons gedagtes op hoe on...

More

Ons wil graag "Jewish Voice Ministries International" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://www.jewishvoice.org/fall-feasts-infographic vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid