Leesplan inligting

7 Stadiums van Verdriet na 'n MiskraamVoorbeeld

7 Stages Of Grief After Miscarriage

DAG 6 VAN 7

Daar is geen handleiding vir verdriet nie. 'n Vrou sal baie gevoelens ervaar na 'n miskraam en geen miskraam is dieselfde as 'n ander een nie. Die enigste gegewe na 'n miskraam, is God se getrouheid, sy belofte om jou nooit te verlaat nie. God sal by jou bly deur jou donker en eensame dae van verdriet. 



Koning Dawid sê in Psalm 56:8 dat God rekord gehou het van sy spyt en dat Hy elke liewe traan wat hy ooit gestort het bymekaar maak. Ek hoop jy weet dat God dieselfde vir jou gedoen het! 



Terwyl jy huil en rou oor die kosbare lewe wat jy verloor het, besef asseblief dat God bewus is van elke traan wat teen jou wange afloop. Hy verstaan die hartseer en teleurstelling wat jy in jou hart dra, want niks ontglip sy aandag nie. Hy sal nooit te besig wees om jou raak te sien of om te gee vir jou hart se toestand nie.



Laat jouself toe om te rou. Huil so hard as wat jy wil. Moet asseblief net nie die vyand se leuen aanvaar dat jy gebroke is nie. Ons vyand gaan probeer om jou te oortuig dat jy nou gebroke is omdat jou baba nie meer daar is nie en dat jy om daardie rede nie meer waardevol is nie. 



As die vyand jou gedagtes bombardeer met gevoelens van gebrokenheid, soos hy met my gedoen het, smeek ek jou om hardop te verklaar dat God jou op 'n wonderbaarlike wyse gemaak het. Jy is deur God self geskep om sy pragtige meesterstuk te wees en Hy maak nooit iets foutief nie. Jy is nie en sal nooit gebroke of minderwaardig wees nie. Dit maak nie saak watter moeilikhede ons ervaar nie, dit bepaal nie wie ons in God se oë is nie. 



Die enigste manier om die vyand en sy leuens stil te maak is om die Woord van God teen hom te verklaar. Ons Bybel is 'n swaard, 'n effektiewe wapen teen elke leuen van die vyand.



Die band tussen 'n ma en kind is 'n innige en sterk band, iets wat jy nie kan vergeet nie. Depressie is 'n werklikheid en lewensveranderend indien dit nie op die regte manier hanteer word nie. As jy met depressie worstel, moet dit asseblief nie wegsteek of ignoreer nie. Soek hulp! 



Jy is nie alleen in jou verdriet nie. God is by jou en Hy hou baie van jou. Jy is deur die God van die heelal gekies, Hy het jou baie lief en niks sal ooit tussen jou en sy liefde vir jou kom nie. Jou God is nou aan die veg vir jou hart, omdat jy die moeite werd is om voor te veg! 



Aanbiddingslied:  Even if deur MercyMe


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

7 Stages Of Grief After Miscarriage

Die hartseer wat op 'n miskraam volg, het die potensiaal om ons nader aan God te trek of verder van Hom te verwyder. Ons vyand, die Satan, wil ons diepste emosies gebruik om ons so ver moontlik van God af weg te lok as w...

More

Ons wil graag vir Kim Meyer bedank wat hierdie plan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.relentlesswomenwarriors.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid