Leesplan inligting

7 Stadiums van Verdriet na 'n MiskraamVoorbeeld

7 Stages Of Grief After Miscarriage

DAG 7 VAN 7

Die apostel Paulus moes vir baie jare deur moeilike tye en vervolging gaan terwyl hy die evangelie aan die nie-Jode verkondig het. Paulus, voorheen bekend as Saulus, is in 'n Joodse gesin gebore wat status gehad en 'n gemaklike lewe gelei het. Tot en met sy bekering het Paulus waarskynlik nooit lyding ervaar nie.



Sy lewe het dramaties verander toe hy Jesus Christus as sy Here en Verlosser begin bely het. Paulus het nie net meeste van die Nuwe Testament geskryf nie, maar hy het ook een van die mees bekende martelare van die Christelike geloof geword. Paulus het genoeg redes gehad om te murmur en te kla nadat hy lyfstraf ontbeer het, verskeie kere 'n skipbreukeling was, dikwels honger gely het en nog baie meer, maar hy het nooit nie. Paulus het sy lyding vir Jesus Christus as 'n vreugde en 'n voorreg beskou. 



Paulus vra in 2 Korintiërs 12:7-10 vir God om 'n einde te maak aan 'n spesifieke toestand waarmee hy gesukkel het. Ons weet nie wat die kwessie was nie, maar ons weet dat dit vir hom 'n pyniging was. God het Paulus se versoek op 'n manier geantwoord wat baie van ons nie sal wil hoor nie. God se antwoord was nee. Hy het Paulus verseker dat sy genade al was wat hy nodig gehad het om deur die lyding te gaan, want sy krag kom juis tot volle werking as ons swak is.



Paulus het nie vir God kwaad geword nie. Hy het nie gedreig om die bediening te verlaat toe God gesê het dat Hy die lyding gaan toelaat om voort te duur nie. Paulus het God se besluit in nederigheid en met respek aanvaar. 



Ek is seker ek sou nie soos Paulus gereageer het nie. Ek wil nie lyding ervaar nie; ek sal nooit kies om swaar te kry of deur moeilike tye te gaan nie. Van al die verhale in die Bybel het hierdie vier verse my die meeste geleer oor lyding, hartseer en hoe om moeilike tye te aanvaar. 



Om iets te aanvaar beteken nie dat jy dit vergeet nie. Om jou hartseer te aanvaar is 'n baie belangrike stap na genesing. Ek onthou die oomblik so duidelik toe ek my eerste miskraam aanvaar het. Ek was nog steeds hartseer, maar ek kon van daardie punt af wegkyk van my droefheid en gevoelens van gebrokenheid, na wat God moontlik besig was om daardeur te bereik. My aanvaarding het toegelaat dat ek vir God kon vra om my verdriet vir sy doel te gebruik, sodat my baba vir ewig vir Hom sou saak maak. Ek wou hê God moes elke stukkie van my hartseer en verdriet gebruik om iets vir Hom te bereik. 



Ek bid dat jy jou verlies sal begin aanvaar en na God uitreik vir volkome genesing en krag.



Aanbiddinsliedere:  Heaven knows deur Hillsong United en Won the war deur Life.Chruch Worship


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Stages Of Grief After Miscarriage

Die hartseer wat op 'n miskraam volg, het die potensiaal om ons nader aan God te trek of verder van Hom te verwyder. Ons vyand, die Satan, wil ons diepste emosies gebruik om ons so ver moontlik van God af weg te lok as w...

More

Ons wil graag vir Kim Meyer bedank wat hierdie plan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.relentlesswomenwarriors.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid