PSALMS 55:16-19

PSALMS 55:16-19 AFR83

Mag die dood my vyande oorval! Mag hulle onverwags neerdaal na die doderyk, want in hulle huise en harte heers daar boosheid. Maar ek roep na God, na die Here wat my sal red. In die aand, in die môre en in die middag, heeldag kla en sug ek, en Hy hoor my roep. Hy sal my lewe red en my die oorwinning gee, al is daar so baie teen wie ek moet veg.