Leesplan inligting

7 Stadiums van Verdriet na 'n MiskraamVoorbeeld

7 Stages Of Grief After Miscarriage

DAG 4 VAN 7

Uit die sewe stadiums van verdriet, het ek die meeste met woede gesukkel. Ek kon nie begryp waarom God ander vroue toelaat om kinders te hê en hulle dan verwaarloos en seermaak nie, maar my nie toelaat om 'n baba te behou vir wie ek lief was en graag wou hê nie.



Daardie soort denkrigting het gevaarlik geword, want dit het my woede aangeblaas. Ek was eintlik besig om God te speel, maar vanuit 'n selfsugtige en gewonde mentaliteit.



Dit is heel normaal om woede en frustrasie teenoor God te voel na 'n miskraam. Ons vyand, die Satan, gaan enige iets in sy vermoë doen om daardie gevoelens in jou aan te blaas. Hy wil hê dat jy jou woede teenoor God moet uithaal met die hoop dat dit jou verhouding met God sal beëindig. Ons vyand gaan vir jou fluister dat jou miskraam God se skuld is, dat Hy nie daar was vir jou nie en dat Hy jou nie gehelp het nie omdat Hy nie lief is vir jou nie.



Die waarheid is dat ons in 'n gebroke wêreld leef. Toe Adam en Eva in die tuin van Eden gesondig het, het die dood die aarde betree. God is egter nog steeds goed, al gebeur slegte dinge met ons. Hy kan nie verander of afwyk van wie Hy is nie. Na 'n krisis, soos 'n miskraam, is dit baie belangrik dat ons nie die vyand toelaat om ons harte en gedagtes met woede te besoedel nie. 



Van Genesis 3 tot by Openbaring 20 word die gevare aan ons uitgewys wanneer ons woede in ons lewens toelaat. Ek hou daarvan om woede as 'n venster voor te stel. Wanneer ek woedend is, is die venster oop. Terwyl die venster oop is, kan allerhande dinge daar in- en uitgaan. 



In Efesiërs 4:27 sê Paulus vir ons om nie vir die duiwel 'n vastrapplek in ons lewens te gee nie. Wanneer daar woede in ons hart is, is ons venster oop en laat ons toe dat die vyand inkom, wat dan vir hom 'n vatkans bied. Die opening hoef nie baie groot te wees nie, ons vyand kan deur 'n klein gaatjie kruip. Woede gaan niks positiefs teweegbring nie, slegs frustrasie, afguns en onmin. 



As jy nou op hierdie oomblik aan woede vasklou, wil ek jou aanraai om dit vir God te gee. Stel jou voor jy buig voor sy troon en lê jou woede en frustrasies aan sy voete neer en los dit daar as jy omdraai en wegloop. Jy moet dit dalk verskeie kere per dag doen, totdat jy nie meer woede met jou saamdra nie. God kan al jou emosies hanteer! Moet dit nie alleen dra nie, gee dit vir Hom.



Aanbiddingslied: You are deur Life.Church Worship


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

7 Stages Of Grief After Miscarriage

Die hartseer wat op 'n miskraam volg, het die potensiaal om ons nader aan God te trek of verder van Hom te verwyder. Ons vyand, die Satan, wil ons diepste emosies gebruik om ons so ver moontlik van God af weg te lok as w...

More

Ons wil graag vir Kim Meyer bedank wat hierdie plan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.relentlesswomenwarriors.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid