Leesplan inligting

7 Stadiums van Verdriet na 'n MiskraamVoorbeeld

7 Stages Of Grief After Miscarriage

DAG 3 VAN 7

Ek was verwagtend met my derde baba wat ek in 'n miskraam sou verloor en my dokter het vroeg al geweet dat die baba gesukkel het om te oorleef. Vir 'n week lank het ek en my man nie geweet of ons baba sou leef nie. Daardie week het ons aanhoudend gebid. Ek het nog nooit in my lewe God so gesmeek vir enigiets soos wat ek gesmeek het vir daardie baba nie. Ek het begin om met God te onderhandel, bereid om radikale dinge te doen as dit net ons baba kon red. 



Ek weet God het ons gebede gehoor, maar sy antwoord was "nee", sodat sy doel in werking kon tree. Jy sien, as Hy toegelaat het dat ek die babas kon behou wat ek in miskrame verloor het, sou ek nie een enkele miskraam leesplan geskryf het nie. Ek en my man sou nooit ja gesê het om drie tienerseuns van Haiti aan te neem nie. 



Te midde van my verdriet, na elke miskraam, wou ek nie hoor wat die uitkoms van my hartseer sou wees nie. Ek wou my baba hê en niks anders het saak gemaak nie.



Oor tyd het my hart ontvanklik begin word vir wat God my probeer leer het tydens die opeenvolgende miskrame. Die pad na herstel was nie maklik nie, maar God het my nooit verlaat nie. Na elke verlies het ons saam gestap en op die dae wat ek nie kon loop nie, het Hy my gedra. God wil dieselfde vir jou doen as jy Hom net sal toelaat.



In Psalm 116 sien ons koning Dawid in die diepste wanhoop, oorweldig deur vrees en verdriet. Terwyl hy sy hart teenoor God uitgestort het, het hy die karakter en ontferming van sy God herroep, en dit het dadelik vir hom troos en vertroue gebring. 



Net God is verantwoordelik vir die skepping van elke menslike lewe wat ooit was en sal wees. Al het jou baba nie sy/haar eerste asemteug gegee nie, was hy of sy uniek gevorm deur die Skepper self. 



Wanneer ek vers 15 in hierdie gedeelte lees, fluister God sy waarheid direk in my gebroke hart: Nie een enkele menslike lewe eindig sonder dat Hy daarvan bewus is nie, want Hy gee baie om vir elke lewe. Die menslike lewe is kosbaar vir ons Vader! 



Terwyl jy deur die verdriet van jou verlore baba werk, hoop ek dat jy weet dat jou hemelse Vader notisie neem en intens omgee vir jou hartseer. Jy is nie alleen nie; jou God het belowe dat Hy jou nooit sal verlaat nie. Jy kan Hom met jou hele hart vertrou. Hy wil hê jy moet al jou pyn en verdriet wat jy binne jou dra, vir Hom gee. 



Aanbiddingslied:  On My Side deur Kim Walker-Smith 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

7 Stages Of Grief After Miscarriage

Die hartseer wat op 'n miskraam volg, het die potensiaal om ons nader aan God te trek of verder van Hom te verwyder. Ons vyand, die Satan, wil ons diepste emosies gebruik om ons so ver moontlik van God af weg te lok as w...

More

Ons wil graag vir Kim Meyer bedank wat hierdie plan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.relentlesswomenwarriors.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid